Alfred Hitchcock

Sir Alfred Hitchcock
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Publisiteitsfoto, omstreeks 1955.

Geboortenaam Alfred Joseph Hitchcock
Geboorte (1899-08-13)13 Augustus 1899
Leytonstone, Essex, Engeland
Sterfte 29 April 1980 (op 80)
Los Angeles, VSA
Skool Salesian College, Londen,
St. Ignatius' College
Beroep(e) Rolprentregisseur,
-vervaardiger
Aktiewe jare 1921–1976
Toekennings Knight Commander of the Most Excellent Order of the British Empire (KBE)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sir Alfred Joseph Hitchcock KBE (13 Augustus 1899 tot 29 April 1980)[1] was ’n Britse rolprentregisseur en -vervaardiger.[2] Hy is dikwels "die Meester van Spanning" genoem[3] en het baie tegnieke ontwikkel in die spanning- en rillergenres. Ná ’n suksesvolle loopbaan in Brittanje in stil- en vroeë praatrolprente, het hy in 1939 Hollywood toe getrek.[4] Hy het in 1955 ’n Amerikaanse burger geword.

In sy loopbaan van langer as ’n halfeeu het Hitchcock sy eie regisseurstyl ontwikkel.[5] Hy het ’n kamerategniek geskep wat so beweeg dat dit lyk of dit die akteur se blik volg en so het hy die gehoor in staat gestel om ’n soort voyeurisme te beleef.[6] Hy het skote geraam om angstigheid, vrees of empatie te verhoog en het geïnnoveerde regisseurstegnieke gebruik.[6] Sy prente het dikwels mense uitgebeeld wat voor die gereg vlug en baie van die vroulike karakters was blondines.[7][8] Sy rolprente het dikwels uitbeeldings van geweld, moord en misdaad en ’n onverwagte einde gehad. Van hulle het ook temas ontleen aan psigoanalise en het sterk seksuele ondertone gehad. Danksy sy kameerolle in baie van sy rolprente het Hitchcock ’n kultuurikoon geword.

Hitchcock het in sowat ses dekades altesaam 50 rolprente geregisseer. Hy word dikwels as die beste Britse regisseur van alle tye beskou en het die eerste plek behaal in ’n meningsopname in 2007 in die Britse Daily Telegraph, wat geskryf het: "Hitchcock is onteenseglik die beste rolprentmaker wat hierdie eilande opgelewer het en hy het meer as enige ander regisseur gedoen om die moderne rolprentwese te vorm, wat heeltemal anders sou gewees het sonder hom. Hy het ’n aanleg gehad vir die vertellende styl en het op ’n wrede manier belangrike inligting weerhou (van sy karakters en van ons), en so die gehoor se emosies betrek soos niemand anders nie."[9][10] Die tydskrif MovieMaker het hom beskryf as die invloedrykste regisseur van alle tye,[11] en hy word wyd beskou as een van die rolprentwese se belangrikste kunstenaars.[12]

  1. Mogg, Ken. Alfred Hitchcock. Senses of Cinema. Sensesofcinema.com. URL besoek op 18 Julie 2010.
  2. "Obituary". Variety. Variety. 7 Mei 1980.
  3. Moerbeek, Kees (2006). Alfred Hitchcock: The Master of Suspense. Simon & Schuster. ISBN 978-1-4169-0467-0.
  4. Life, 19 Junie 1939, p. 66: Alfred Hitchcock: England's Best Director starts work in Hollywood. URL besoek op 4 Oktober 2012
  5. Lehman, David (April 2007). "Alfred Hitchcock's America". American Heritage. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2007. Besoek op 21 Julie 2010.
  6. 6,0 6,1 Bays, Jeff (Desember 2007). "Film Techniques of Alfred Hitchcock". Borgus.com (in Engels). Borgus Productions. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2019. Besoek op 13 Julie 2010.
  7. Whitington, Paul (18 Julie 2009). "NOTORIOUS! (Hitchcock and his icy blondes)". The Irish Independent (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2013. Besoek op 13 Julie 2010.
  8. Dowd, Maureen (1 Desember 2012). "Spellbound by Blondes, Hot and Icy" (in Engels). New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2017. Besoek op 13 November 2013.
  9. Avedon, Richard (14 April 2007). "The top 21 British directors of all time". The Daily Telegraph (in Engels). UK. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2016. Besoek op 8 Julie 2009.
  10. "British Directors". RSS Film studies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2010. Besoek op 11 Junie 2008.
  11. Wood, Jennifer (6 Julie 2002). "The 25 Most Influential Directors of All Time". MovieMaker (in Engels). Moviemaker.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2013. Besoek op 26 April 2011.
  12. "The Directors' Top Ten Directors" (in Engels). British Film Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2012. Besoek op 10 Mei 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne